NG Kerk Humansdorp - VSA Bediening

- a Bilingual Dutch Reformed Church presence in the USA  




    Cincinnati Children's Hospital Medical Center: Change The Outcome

Night view of Cincinnati Children's Liberty Campus.

http://www.cincinnatichildrens.org/

Die Cincinnati Kinderhospitaal in die stad Cincinnati spog met net meer as 10 000 werkneemers en 14 voltydse hospitaal leraars. Dis 'n vlak 1 trauma hospitaal met sy eie ambulans diens en ambulans helikopter. Elke intensiewesorg kamer (PICU - Pediatric Intensive Care Unit) het 'n 'opslaan' bed waarop die ouers by hul kinders kan oornag.

Gedurende die eerste 6 maande van my bediening hier in die Cincinnati Kinderhospitaal het ek besoek afgelê by sowat 270 kinder pasiente, hul ouers en familie. Aangesien die kinders in die PICU (Pediatric Intensive Care Unit), byna almal te siek is om eens te weet dat die dominee kom kuier het is die meeste van my werk met ouers en die personeel. Dis 'n veeleisende en soms geestelik uitputtende werk maar beslis ook uitdagend en vir my, lewens-vervullend!

Die oorblywende 6 maande van die jaar het ek vir drie maande diens gedoen by die psigiatriese hospitaal en die ander d maande in die Beenmurg oorplantingeenheid gewerk.  

Dit is dan ook hier in die Beenmurg oorplantingeenbeid waar ek  Augustus 2008- Julie 2009 gaan dien met die hoop op die vestiging van 'n permanente pos.