NG Kerk Humansdorp - VSA Bediening

- a Bilingual Dutch Reformed Church presence in the USA  




Ds Wikus en Rita

Redwood City, CA

e-pos adres: wikdippenaar@yahoo.com

Wikus en Rita bly in 'n woonstelkompleks ongeveer 1,5 km vanaf die hospitaal. Dit is naby genoeg om elke dag fiets te ry of sommer te stap. Wikus het nadat hy die MDiv verwerf het ook die M in kliniese pastoraat aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy eerste gemeente was Melmoth waar hy 4 jaar lank gedien het. 

Rita het einde verlede jaar gekwalifiseer as 'n prokureur in Suid Afrika, maar as gevolg van die verskillende regsstelsels is dit nie vir haar moontlik om hier te praktiseer nie. Tans doen sy vrywillige werk by die Redwood City regshulpkliniek waar sy hoofsaaklik werk met regsinterdikte.

 

'n Disney Vakansie:

Rita is ook beslis nie jou tradisionele pastorie vrou nie. Sy is 'n gekwalifiseerde prokureeur en nie Disney World of sy haaie kan haar van stryk bring nie!

Hulle het blykbaar ook die Terminator daar raak geloop!