NG Moedergemeente bedien die VSA

Die NG Kerk Humansdorp doen tans baanbrekerswerk met nie minder nie as twee leraars wat in die VSA dien. Die twee leraars is sowat 4000 km uit mekaar met die een in die Ooste en die een in die Weste van die VSA.
Gedurende Junie 2007 is beide leraars deur die NG Moedergemeente Humansdorp beroep as Termynkontrak-leraars met spesiale opdrag -pastoraat in die VSA.
Ds. Wikus
Sequoia Hospital, Redwood City, CA
wikdippenaar@yahoo.com

Ds. Rudolph
Cincinnati Kinderhospitaal, OH
rudyelize@hotmail.com

Terwyl beide leraars besig is met kliniese werk is daar ook 'n gestruktureerde kursus wat voltooi moet word. Hierdie kursus berei die "Hospital Chaplain" voor om 'n volwaardige en geregistreerde hospitaal leraars te wees. As integrale deel van die mediese span en saam met die sielkundige, die "patient advocate" en die "Child-Life Specialist" bedien hulle die pasiente, hul families en die personeel van die hospitaal. Laas genoemde word in 'n sin die gemeente en die hospitaal leraar deel eerstehands met hul wroeginge, pyn en verwarring.
'n Hospitaal leraar gee nie raad nie en vervul dus nie die rol van terapeut nie maar dien met kalme teenwoordigheid wat sĂȘ die Here self sien jou pyn en wonde en rou!
Dis 'n voorreg om 'n hospitaal leraar te kan wees en mense in hul tyd van nood by te staan.

|